Welkom by Triangle Commodity Trading SA
Triangle Commodity Trading SA is 'n handelshuis wat 'n wye verskeidenheid landbou kommoditeite regdeur die land verkry, versprei en voorsien. Triangle is 'n voortdurende rolspeler in die Suid-Afrikaanse graan- en voerbedryf.
INTEGRITEIT • DIENS • KWALITEIT • omvat die kern van Triangle Commodity Trading SA. Dit lei ons optrede, inspireer ons besluite en bepaal ons erfenis as 'n betroubare leier in die landboubedryf. Dit is wie ons is, wat ons doen, en waarvoor ons staan.
Ons glo dat integriteit die hoeksteen van volhoubare sakeverhoudinge is en 'n sleuteldryfveer van volhoubare besigheidspraktyke. Ons handhaaf dus die hoogste etiese standaarde, waar eerlikheid, deursigtigheid, billikheid en respek aan die voorpunt van alles wat ons doen, geplaas word.
Diens is die hartklop van ons bestaan. Ons is toegewyd om ongeëwenaarde ondersteuning aan ons kliënte, verskaffers en vennote te bied. Ons kliënte kan altyd vinnige reaksies, spoedige oplossings en betroubare hulp verwag as 'n teken van ons opregte sorg en toewyding.
Kwaliteit is nie net 'n standaard nie, dit is 'n belofte waaraan ons, onsself hou. Ons is standvastig in ons strewe na uitnemendheid, noukeurige verkryging van bronne, die hantering en lewering van kommoditeite wat aan industrie standaarde voldoen. Ons streng kwaliteitsbeheermaatreëls is dit wat vertroue in ons kliënte, verskaffers en vennote ontlok.
Triangle Commodity Trading SA is an official South African distributor of ICL